Die Bybel getuig dat die hemelse engele na hierdie aarde toe neergewerp is omdat hulle deur Satan versoek is en in die hemel gesondig het—dit is die verhaal van die mensdom.
Christus Ansanghong en God die Moeder het na hierdie aarde toe gekom en die Pasga van die nuwe verbond gesluit om die vergifnis van sondes aan die mensdom te gee sodat hulle kan terugkeer na hulle geestelike tuiste, die ewige koninkryk van die hemel.
Net soos die aardse gesin deur bloed verwant is, is die hemelse gesin ook deur bloed verwant.
Om lede van die hemelse gesin te word as die kinders van God die Vader en God die Moeder, moet die mensdom die Pasgabrood eet en Pasgawyn drink wat deelneem aan God se liggaam en bloed.
Vandag hou die lidmate van die Kerk van God in 175 lande die Pasga met een verstand.
Hulle bediening is ʼn afbeelding en afskaduwing van die hemelse.
Hebreërs 8:5
Die dag van die Ongesuurde Brood, waarop die Pasgalam geslag moes word, het aangebreek. . . .
En Hy het brood geneem, en nadat Hy die seëngebed uitgespreek het, breek Hy dit, en gee dit vir hulle, en sê: “Dit is my liggaam, wat vir julle gegee word. . . .”
So ook met die beker ná die ete, met die woorde: “Hierdie beker, wat ter wille van julle uitgegiet word, is die nuwe verbond deur my bloed.
Lukas 22:7-20
So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar julle is medeburgers van die heiliges, en lede van die huisgesin van God, . . .
Efesiërs 2:19
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid