Moses en die Israeliete het baie lyding verduur vandat hulle die Pasga gehou het en Egipte verlaat het totdat hulle die Rietsee oorgesteek het. Hierdie is vervul deur die ellende en lyding wat Christus deurgemaak het op die Fees van die Ongesuurde Brood, wat die dag was nadat Hy die Pasga gehou het.
Die Fees van die Ongesuurde Brood is ʼn fees wat die lyding van Christus demonstreer, wat die werklikheid is van die Wet van Moses in die Ou Testament. In hierdie tydperk het God vir ons gesê om aan die lyding van Christus deel te neem deur te vas en om volmaak te word deur alle lyding wat elkeen van ons miskien deurmaak, te oorkom.
Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid. Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. Romeine 8:16–18
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid