Die dade van elke persoon, wat in die Boekrol van die Lewe opgeteken is, word selfs na duisende jare nie uitgeskrap nie, maar deur God geoordeel of hulle toekennings of straf waardig is. Gevolglik sal hulle deelneem aan die opstanding van die regverdiges, wat hulle na die hemel toe sal lei, of die opstanding van die onregverdiges, wat hulle na die hel toe sal lei.
Die heiliges van die vroeë Kerk het die opstanding van Jesus beleef en vasgestaan in hulle geloof. Vandag leer Christus Ansanghong en Hemelse Moeder ons om geloof te hê in die opstanding en transformasie. Hulle leer dat wanneer alle mense God vrees en hulle hulle ten volle van hulle sondes bekeer, hulle tot ʼn geestelike liggaam getransformeer sal word en na die engelewêreld toe sal terugkeer.
Ek vestig dieselfde hoop op God as waaraan hierdie mense ook vashou, naamlik dat daar ʼn opstanding van die regverdiges en ook die onregverdiges sal wees. Daarom doen ek self ook my uiterste bes om my gewete in alle opsigte skoon te hou voor God en die mense.
Handelinge 24:15–16
Ons burgerskap is egter in die hemel, vanwaar ons as Verlosser die Here Jesus Christus verwag. Hy sal ons nederige liggaam verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam, ...
Filippense 3:20–21
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid