Die hel is ʼn baie aaklige plek waar dit selfs moeilik is om ʼn druppel water te ontvang terwyl jy in die pyn van die vuur is. (Lukas 16:24) Jesus het gesê dat as ons hand, voet of oog ons laat sondig, dit voordeliger is om dit af te kap of uit te ruk as om hel toe te gaan. (Markus 9:43) Dit is omdat die foltering in die hel nie vergelyk kan word met die pyn van om ʼn deel van ons liggaam af te sny nie.
“… waar die wurm in hulle nie doodgaan en die vuur nie geblus word nie.” Markus 9:48
“Want elkeen sal met vuur gesout word.” Markus 9:49
Selfs al is die straf van die hel uiters pynlik, kan ons nie self sterf nie. In die hel is daar nie ʼn oomblik van die vreugde van lewe, geen oomblik van rus en hoegenaamd geen hoop op verlossing nie, maar net onmeetlike pyn, spyt en hartseer. Hoekom gaan ons hel toe as ons ons nie bekeer het nadat ons die evangelie gehoor het nie?
Voordat ons op hierdie aarde gebore was, was ons engele in die hemel. (Job 38:4–21) Ons het egter sondes in die hemel gepleeg en die vonnis ontvang van om hel toe te gaan. Ons was dus op die aarde gebore, ʼn geestelike tronk, en ons bly tydelik hier. (Esegiël 28:13–17) As ons nie die weg om die straf van die hel te vermy, op hierdie aarde soek nie, is ons bestem om hel toe te gaan.
God het hom ontferm oor die mensdom wat bestem was om die straf van die hel te ontvang, en Hy het self na hierdie aarde toe gekom om die weg te wys om die straf van die hel te vermy.
“Ek het … gekom om … te roep … sondaars tot bekering.” Lukas 5:32
Om ons sondes wat tot die dood lei, te vergewe en om ons van die straf van die hel te verlos, het God sy liggaam en bloed gegee as ʼn losprys vir die mensdom, sondaars.
“ ‘Neem, eet, die Pasgabrood is my liggaam.’ ” Matteus 26:26
“ ‘Die Pasgawyn is my bloed, die bloed van die verbond wat vir baie uitgegiet word tot vergewing van sondes.’ ” Matteus 26:28
Wanneer ons die nuwe verbond-Pasga hou, word ons geseën met die vergewing van sondes en word ons verlos van die straf van die hel. En ook kan ons die ewige lewe ontvang en teruggaan hemel toe.
“ ‘Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag laat opstaan.’ ” Johannes 6:54
As ons egter die boodskap, “Ontvang die vergewing van sondes en die ewige lewe deur die Pasga,” verwerp, kan die sondes wat ons in die hemel gepleeg het, nie vergewe word nie, en moet ons die straf van die hel ontvang soos dit bestem was.
“ ‘Ek het van harte begeer om hierdie Pasga saam met julle te eet voordat Ek ly.’ ” Lukas 22:15
Hou asseblief die nuwe verbond-Pasga, God se teken vir die vergewing van sondes, en gaan terug hemel toe!
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid