Die Israeliete het die tweede stel Tien Gebooie ontvang nadat hulle berou het oor hulle afgodery, en God het daardie dag die Dag van Versoening genoem omdat hulle versoening van God ontvang het.
Die Fees van Basuine op die eerste dag van die sewende maand volgens die heilige kalender is die fees wanneer die basuin van bekering hardop geblaas is om aan te dui dat die hele volk tot God moet bekeer, want tien dae later is die Dag van Versoening.
Net soos die Israeliete die basuin van bekering tien dae voor die Dag van Versoening in die tyd van Moses geblaas het, moet ons nou die basuin blaas om die hele wêreld op te roep om na Christus Ansanghong en God die Moeder te kom om gered te word en volkome bekering te bereik deur die doop en die feeste van die nuwe verbond.
“Sê vir die Israeliete, ‘Die eerste dag van die sewende maand moet vir julle 'n buitengewone Sabbat wees, 'n herdenkingsdag, aangekondig met geskal, 'n heilige byeenkoms.
Julle mag geen gewone take verrig nie en julle moet 'n offergawe vir die Here bring.’ ”
Levitikus 23:24–25
Jesus het hulle geantwoord: “Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, maar wel die siekes.
Ek het nie gekom om •regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.”
Lukas 5:31–32
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid