Elke woord van God wat in die Bybel opgeteken is, word sonder versuim vervul. Die Bybel het getuig van Jesus wat 2 000 jaar gelede gekom het, en dit getuig van die werk van verlossing wat in die tydperk van die Heilige Gees uitgevoer moet word deur Christus Ansanghong en God die Moeder, wat gekom het as die Gees en die Bruid.
Die Bybel profeteer dat die mense wat gered moet word — diegene met die geloof om te oorwin in hierdie wêreld wat deur Satan regeer word — die oorblyfsel van die Vrou se nageslag is, wat God se gebooie onderhou. Dit getuig ook dat hulle, soos Isak, deur Moeder die erfdeel van die koninkryk van die hemel sal ontvang.
Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig... Johannes 5:39
Die groot draak, die slang van weleer, wat Duiwel en Satan genoem word, die verleier van die hele bewoonde wêreld, is toe uitgegooi. Hy is op die aarde neergegooi, en saam met hom ook sy engele. Die draak was woedend vir die vrou, en het weggegaan om oorlog te voer teen die res van haar nageslag wat die gebooie van God nakom en vashou aan die getuienis wat Jesus gelewer het. Openbaring 12:9, 17
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid