Baie mense glo dat hulle net deur die kerk by te woon, God se ware volk word.
Met God se wet van die lewe onderskei Hy egter tussen die ware volk en die valse volk.
God se ware volk, wat burgerskap in die hemel het, moet die Sabbatdag, wat die krag van die Skepper gedenk, en die Pasga, wat die krag van die Verlosser gedenk, onderhou.
Net soos Salomo, die koning van wysheid, bye en skoenlappers gebruik het om die vars blom van die kunsblom te onderskei, onderskei God sy ware volk deur sy gebooie soos die Sabbatdag en die Pasga.
Vandag onderhou tallose lidmate regoor die wêreld God se gebooie—die teken van God se volk—wat herstel word deur die leringe van Christus Ansanghong en God die Moeder.
want baie, van wie ek dit dikwels vir julle gesê het, en nou weer in trane sê, leef as vyande van die kruis van Christus.
Hulle einde is die verderf, die maag is hulle god, hulle eer is geleë in hulle skande – hulle wat aardse dinge bedink.
Ons burgerskap is egter in die hemel, . . .
Filippense 3:18–20
Julle moet die Sabbat onderhou, want dit is heilig vir julle. Wie dit ontheilig, moet beslis sterf. As enigiemand op dié dag werk, moet daardie persoon onder sy volk uitgeroei word.
Eksodus 31:14
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid