Die kwalifikasie om in die koninkryk van die hemel in te gaan, behoort slegs aan diegene wat die wil van God doen. Die Bybel is God se boodskap van verlossing aan die hele mensdom, geskryf deur profete wat deur die Heilige Gees beweeg is om Sy wil op te teken. Dit is hoekom God beveel het dat ons nooit by die woorde daarvan mag byvoeg of daarvan wegneem nie.
In die Bybel word daar ongeveer 2 500 keer na God verwys in die meervoud, nie die enkelvoud nie. Bowendien getuig die Bybel dat net soos ʼn moeder bestaan in die wêreld van plante en die wêreld van diere wat volgens God se wil geskape is, so ook in die koninkryk van die hemel bestaan God die Moeder, wat die ewige lewe gee, en ons geestelike hemelse familie.
Daarom: “Gaan uit hulle midde uit en sonder julle af,” sê die Here, “en moenie aanraak wat onrein is nie.” “En Ek sal julle aanneem,” en “Ek sal vir julle ʼn vader wees, en julle sal my seuns en dogters wees,” sê die Here, die Almagtige. 2 Korinthiërs 6:17–18
Maar die Jerusalem daarbo is vry; sy is ons moeder! Galasiërs 4:26
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid