God het diegene wat hemelse burgerskap besit met harte geskep wat die Sabbat, die Pasga en die sewe feeste in drie tye koester sodat hulle sy wette sou onderhou. Daarom, aan almal wat God met hulle lippe aanroep, maar die wet van die songod volg in plaas van God se wet, waarsku Hy hulle oor hulle sonde deur te sê: “Ek ken julle nie.”
Selfs al verander die hele wêreld, is die een ding wat nooit verander nie, God se wet. Jesus het die Pasga 2 000 jaar gelede gehou, en Christus Ansanghong en God die Moeder het dit ook in die tydperk van die Heilige Gees gehou. Om Hulle voorbeeld te volg deur die Pasga te hou, is die regte geloof, gesentreer op God.
“Nie elkeen wat vir My sê, ‘Here, Here,’ sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar net diegene wat die wil doen van my Vader in die hemele. Dan sal Ek openlik vir hulle sê, ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat wetteloosheid bedryf!’ ” Matteus 7:21–23
Iemand wat egter rein is, nie op reis is nie, en nalaat om die Pasga te vier – daardie persoon sal van sy mense afgesny word, . . .Sy sonde sal hy moet dra. Numeri 9:13
Posbus 119 Bundang, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Tel. 031-738-5999 Faks 031-739-5998
Hoofkantoor: 50, Sunae-ro, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
Hoofkerk: 35, Pangyoyeok-or, Bundang-gu, Seongnam-si, Gyeonggi-do, Rep. van Korea
ⓒ Wêreldsending-Genootskap-Kerk van God. Alle regte voorbehou. Privaatheidsbeleid